Scan voor CodexCoëfficiënt
Mamma, 'k wil 'n man hê
- Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Fransman hê?
Nee, mamma, nee!
'n Franse man, die wil ek nie,
want 'parlez-vous' verstaan ek nie.
Dit is my plesier,
met die boerjongkêrels hier.
- Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Hollander hê?
Nee, mamma, nee!
'n Hollander, die wil ek nie,
want klompe dra, dit sal ek nie.
- ... 'n Duitser ... Nee, mamma, nee!
'n Duitserman, die wil ek nie,
want 'Schweinefleisch', dit lus ek nie.
- ... 'n boerseun ... Ja, mamma, ja!
'n boereman, die wil ek hê,
in 'n boer se arme wil ek lê.
Auteursrechtinformatie over dit lied
Tekst verkregen via Leuvens Liedboek vzw