Terug

Scan voor CodexCoëfficiënt

Die lied van jong Suid-Afrika

Tekst: Willem Jacobus du Plooy Erlank, 'Eitemal' (1901-1984)
Muziek: Hugo Gutsche (1868-1956)
Pagina in liedboeken:  
  1. En hoor jy die magtige dreuning?
    Oor die veld kom dit wyd gesweef.
    Die lied van 'n volk se ontwaking
    wat harte laat sidder en beef.
    Van Kaapland tot bo in die Noorde,
    rys dawerend luid die akkoorde:
    dit is die lied van Jong Suid-Afrika.(ter)
  2. Die klop van ons ossewawiele
    het die eeue se rus verstoor.
    Die klank van ons voorlaaierskote,
    het klowe en kranse gehoor.
    Die diere het stil staan en luister,
    die bome het bewend gefluister:
    dit is die koms van Jong Suid-Afrika.(ter)
  3. Waar glorie van songloed die berge
    oor hul fronsende voorhoof streel,
    waar winde oor golwende vlaktes
    met grassaad kerjakker en speel.
    Die land wat ons vaders gekoop het,
    met bloed tot ons eie gedoop het:
    dit is die land van Jong Suid-Afrika.(ter)
  4. Die golwende veld is ons woning,
    en ons dak is die hemelblou.
    Die vryheid alleen is ons koning,
    sy wagwoord is: "Handhaaf en Bou."
    Die stryd wat ons vaders begin het,
    sal woed tot ons sterf of gewin het:
    dit is die eed van Jong Suid-Afrika.(ter)

Auteursrechtinformatie over dit lied

Tekst verkregen via Leuvens Liedboek vzw
YouTube