Loading...
Terug

Scan voor CodexCoëfficiënt

Die stem van Suid-Afrika

Tekst: Cornelis Jacobus Langenhoven
Muziek: Marthinus Lourens de Villiers
Pagina in liedboeken:  
  1. Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
    Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
    Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa —
    Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
    Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
    Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika.
  2. In die murg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
    In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
    In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf —
    Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
    Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
    Waar en trou as Afrikaners - kinders van Suid-Afrika.
  3. In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
    In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
    By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis —
    Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
    Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
    Om te lewe, om te sterwe - ja, ons kom Suid-Afrika.
  4. Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
    Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
    Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
    Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
    Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —
    Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.
Meer informatie
'Die Stem van Suid-Afrika' gold als officieel volkslied van Zuid-Afrika van 1957 tot 1997 (feitelijke afschaffing 1994). De Engelse vertaling dateert van 1952.


Sinds 1997 (uitgeroepen reeds in 1994, opgenomen in de nieuwe grondwet van 1997) vormen de eerste twee coupletten van Nkosi sikelel' iAfrika (een populair verzetslied) en het eerste couplet van Die stem van Suid-Afrika (het volkslied ten tijde van de Apartheid) het officiële volkslied van Zuid-Afrika. Het lied is verdeeld in vijf (van de elf) officiële landstalen.

Huidig volkslied Zuid-Africa

  1. (Xhosa) Nkosi sikelel' iAfrika
    Maluphakanyisw' uphondo lwayo,
    (Zoeloe)Yizwa imithandazo yethu,
    Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.
  2. (Zuid-Sotho)Morena boloka setjhaba sa heso,
    O fedise dintwa le matshwenyeho,
    O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
    Setjhaba sa, South Afrika - South Afrika.
  3. (Afrikaans)Uit die blou van onse hemel,
    Uit die diepte van ons see,
    Oor ons ewige gebergtes,
    Waar die kranse antwoord gee,
    (Engels)Sounds the call to come together,
    And united we shall stand,
    Let us live and strive for freedom
    In South Africa our land.
MuseScore