Terug

Scan voor CodexCoëfficiënt

Studentelied

Ook wel: Die studentejare gaan verby, Suid-Afrikaans studentelied

Tekst: C. F. Visser
Muziek: Emiel Hullebroeck
Pagina in liedboeken:  
  1. Die studentejare gaan verby,
    Verby studenteweelde;
    Nooit keer hul ooit terug vir my:
    Die tyd, die lieflingsbeelde,
    Die koringmeul wil nie meer maal,
    My skulde moet ek self betaal!
    O treurigheid op note
    Ek staan op eie pote.
    (bis)
  2. Soos mieliepitte spat uiteen
    Die oue troue vrinde;
    Ek staan nou moedersiel alleen
    En is maar net bediende
    Ek is nie meer myn eie baas,
    Ek werk met Paul en Piet en Klaas.
    O treurigheid op note
    Ek staan op eie pote.
    (bis)
  3. Maar moe nie glô, al word ons oud,
    Ons hart kan ooit verander,
    Ons liefde is nog lang nie koud,
    Ons sta nog by mekander.
    Dus vriende reik mekaar die hand,
    Hernuw die heil'ge vriendskapsband,
    Gaan dit met stamp' en stot
    Nog bly ons op ons pote.
    (bis)

Auteursrechtinformatie over dit lied

Tekst verkregen via Codex Studiosorum Bruxellensis (BSK)
YouTube