Scan voor CodexCoëfficiënt
Sarie Marais
- My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon.
Daar onder in die mielies
by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.(bis) - Ek was so bang dat die kakies my sou vang,
en ver oor die see wegstuur.
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand,
daar onder langs die Grootrivier.
- Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes,
hul sleep jou altyd watertoe.
Hulle gooi jou op 'n skip vir 'n lange lange trip,
die josie weet waarna toe.
- Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
t'rug na die ou Transvaal.
My liewelingspersoon sal seker ook daar wees,
om my met 'n kus te beloon.
Auteursrechtinformatie over dit lied
