Terug

Scan voor CodexCoëfficiënt

Ek sal jou kry

Pagina in liedboeken:  
  1. Hier ’s ek weer, hier ’s ek weer,
    met my rooirok voor jou deur.
    Ek wil jou hê, ek sal jou kry.
    Hier ’s ek weer, hier ’s ek weer,
    met my rooirok voor jou deur.
    Ek wil jou hê, ek sal jou kry.

    En slaan my ma my driemaal op my kop,
    dan staan ek op en kom ek weer.
    Al slaan jou ma my pimpel en blou,
    Dan staan ek op en kom ek weer.
  2. Hier ’s ek weer, hier ’s ek weer,
    met my kakiebroek geskeur.
    Ek wil jou hê, ek sal jou kry.
    Hier ’s ek weer, hier ’s ek weer,
    met my kakiebroek geskeur.
    Ek wil jou hê, ek sal jou kry.

    Al skiet jou ma my af met pyl en boog,
    dan staan ek op en kom ek weer.
    Al gooi jou ma brandbeksous in my oog,
    dan staan ek op en kom ek weer.
  3. Hier 's ek weer, hier 's ek weer,
    'k sta te kloppen op jou deur
    ek wil jou hê, ek sal jou kry.
    Hier 's ek weer, hier 's ek weer,
    wat gebeur moet, moet gebeur.
    Ek wil jou hê, ek sal jou kry.

    Al laat jy my nie binne as ek klop,
    ek hou nie op en ek kom weer.
    Al gooi jou ma een yskas op myn kop,
    ek hou nooi op, ek kom steeds weer!