Scan voor CodexCoëfficiënt
Gertjie
-
Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie
Hoe ’s dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al Gertjie, Gertjie
Dit is tyd dat ons gaan trou.
Keerzang:
Glo tog Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
Nog langer an jou sleeptou bly nie, bly nie
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie
Maar my jare gaan verby. -
’k Hoor jy is verliefd op Sarie,
Maar die pret moet jy laat staan.
Pas maar op vir Pieter en Danie,
Hul is kêrls, wat somaer slaan.
-
Jy weet, as ons Sondags kuier,
Agter om die kop verby
Dan seg ek: Nonnie, lig jou sluier
Kom en gee een soen vir my.
-
Jannie, al die soentjies help nie
Kyk vir Pieter en vir Griet;
Vandag wil hul mekaar nie hê nie,
Al die soentjies is verniet. -
Ons moet dan die pret maar staan laat,
Ons moet maar die soen laat bly;
Ek sal myn eie pad dan kry maar,
En jy kan na Sarie vry.