Scan voor CodexCoëfficiënt
Vanaand gaan die volkies koring sny
- Daar onder groei 'n aandblom in die vlei, in die vlei,
en wie sal hom tog kry vir my, kry vir my?
My geliefde, laat my los,
gaan eers soek daar in die bos,
waar die aandblom daar groei
in die wag-'n-bietjiebos.
- In die wag-'n-bietjiebos daar in die vlei, in die vlei.
In die donker soek 'n seun 'n blom vir my, blom vir my.
My geliefd' hang in die bos,
nooit as nimmer kom hy los.
Wag-'n-bietjie, wag-'n-bietjie
in die wag-'n-bietjiebos.
- Toe kom 'n ander seun en hy wil vry, hy wil vry,
en ek sê vir hom: "Jy kan my kry, kan my kry,
maar dan eers moet jy gaan los
my geliefde in die bos,
my geliefde daar
in die wag-'n-bietjiebos."
- Wag-'n-bietjie, wag-'n-bietjie in die vlei, in die vlei.
Daar is twee wat same wag vir my, wag vir my.
Twee geliefdes hang in die bos,
maar 'n derde is nog los.
Wat nog wag om te gaan wag daar
in die wag-'n-bietjiebos.
Auteursrechtinformatie over dit lied
