Scan voor CodexCoëfficiënt
En as ek kom te sterwe, lief
-
En as ek kom te sterwe,
lief, sing dan g’n klaaglied nie
Plant dan g’n rose op my graf
of koel sipresse nie. (x2) -
Laat net die groen gras bo mie wees,
die reën en die môre dou
En as jy wil, vergeet my
en as jy wil, onthou. (x2) -
Want skadu’s sal’k nie sien,
of voel hoe dat die water week
nie hoor hoe dat die voëltjies sing
as of hul harte breek. (x2) -
Maar ek sal altyd drome droom
in die skemer; wie weet
Miskien sal ek daar nog onthou,
miskien sal ek vergeet. (x2)