Scan voor CodexCoëfficiënt
Nooi van die velde
- O, nooi van die velde, wat is jy tog skoon!
Ek het jou in stede nog nimmer sien woon,
maar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is mooier die nooi'ntjies en beter die wyn.
Tralala ... - O, nooi van die velde, wat is jy tog mooi!
Met wange van gloei van die môre se rooi.
Daar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is rooier die lippies en rooier die wyn.
- O, nooi van die velde, jou kus en jou lag.
Soos water wat murmel en kabbel so sag.
Daar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is soeter die soentjies en soeter die wyn.
- O, nooi van die velde, jou oë behou.
Die gloed van die hemel se sonnige blou.
As selfs op die velde die somer verdwyn,
bly warm die liefde en warm die wyn.
Auteursrechtinformatie over dit lied
