Loading...
Terug

Scan voor CodexCoëfficiënt

Bolandse Noointjie

Tekst: W. Jandrell
Muziek: Stephen Foster
Pagina in liedboeken:  
  1. Bolandse Noointjie, stil is die nag
    Soet sy jou ruste na lang, lange dag
    Aans in my drome kom ek na jou
    Smagtend na lonkies uit oë so blou.
    Berge en dale kan ons nooit skei
    Want in die droomland ontmoet jy vir my.

    Keerzang:
    Bolandse noointjie, stil is die nag
    Kom in jou drome, o liefste ek wag. (x2)
  2. Bolandse noointjie, sluimer nou sag
    Ver in die droomland ontmoet ons vannag
    Daar waar die blomme weelderig groei
    Daar waar die strome sagmurmelend vloei.
    Soos in vergange dae weleer
    Troos ons mekander met soentjies so teer.