Scan voor CodexCoëfficiënt
My hartjie, my liefie
-
My hartjie, my liefie, die son sak weg,
Die son sak weg, die son sak weg,
My hartjie, my liefie die son sak weg,
Daar onder by die blou-berge.
En ek wil, ek wil, ek wil
Na die nooientjie gaan vry,
Want sy is so mooi en so liefies vir my,
En ek wil, ek wil, ek wil
Na die nooientjie gaan vry,
Daar onder by die blou-berge. -
My hartjie, my liefie, die maan kom op,
Die maan kom op... enz.
En ek sal, ek sal, ek sal... enz. -
My hartjie, my liefie, die maan sak weg,
Die maan sak weg... enz.
En ek het, ek het, ek het... enz.