Loading...
Terug

Scan voor CodexCoëfficiënt

Kom ons gaan blomme pluk

Tekst: P. I. Hoogenhout
Muziek: Joan van Niekerk
Pagina in liedboeken:  
  1. Dit is weer lente, winter is verby.
    Kyk tog hoe staan die blomme in die vlei.
    Is dit nie lieflik, lyk hul tog nie skoon?
    O, om vir altyd tussen hul te woon!

    Keerzang:
    Kom ons gaan blomme pluk in die vlei;
    Daar sing die voëltjies vrolik en bly.
    Steel jy ’n soentjie, ek sal nie skrik,
    Want voëltjies sal ons nooit nie gaan verklik.
  2. Ag ja, lief blompies, as ek jul sien staan
    Dink ek aan tye lank verby gegaan.
    Hoe ek met Alie, as die awend daal,
    Blomme gaan pluk het, same het gedwaal.
  3. Maar sy is weg nou, ek is stokalleen.
    Ja, soos die blomme gaan ons almaal heen.
    Sit ek soms sawens buite op die stoep,
    Is dit kompleet nog, of ek haar hoor roep.